Anaplasmose, of galsiekte, kan groot amok onder beeste saai. Ondanks die waarskynlikheid dat daar ’n onderrapportering van galsiektevrektes is, word die jaarlikse gemiddelde vrektesyfer konserwatief op ongeveer 3% vir beeste beraam. Dr Nicola Collins, ’n deeltydse navorser aan die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde, sê dié syfer is gegrond