Archives

Landboukwessies onder die loep gedurende staatsrede

Featured Ad


President Cyril Ramaphosa het op Donderdag, 10 Januarie 2022, sy sesde staatsrede gelewer.

https://agtag.co.za/category/14/post/30356

Die president het dit duidelik gemaak dat die probleme in die land se ekonomie diep en struktureel is.

“Wanneer elektrisiteitsvoorsiening nie verseker kan word nie, wanneer die spoorweë en hawens oneffektief is, wanneer innovering teruggehou word deur die skaarsheid van breëbandspektrum, wanneer watergehalte versleg, is maatskappye ontwillig om te belê en die ekonomie kan nie behoorlik funksioneer nie.”

Tydens dié rede is daar aandag gegee aan verskeie landboukwessies.

Hawens en spoorweë

Volgens president Ramaphosa dat die funksionering van die land se hawens oor ‘n aantal jare afgeneem veral wanneer dit met die res van die vasteland en ander dele van die wêreld vergelyk word. Hierdie afname strem ekonomiese aktiwiteit.

Die landbousektor is een van die sektore wat in die verband benadeel word, omdat die sektor baie afhanklik is van effektiewe hawens wat goed bestuur word om hulle produkte na oorsese markte uit te voer. Vars produkte kan nie vir dae en selfs weke by ‘n terminaal gestrand wees nie.

President Ramaphosa het wel aangekondig dat Transnet in die proses is om hierdie probleme aan te spreek. Transnet fokus volgens hom daarop om operasionele effektiwiteit by die hawens te verbeter deur bykomende toerusting aan te koop en ‘n nuwe stelsel te implementeer om opeenhoping te verminder. Voorstelle van private vennote word ook ingewag in terme van die Durban- en Ngqura-vraghouerterminale.

‘n Proses is tans onderweg waar derdeparty-toegang tot Transnet se spoorvrag-vervoernetwerk vanaf April gegee sal word vir die vraghouerkorridor tussen Durban en City Deep in Gauteng. Vennootskappe is ook aangegaan met die private sektor om kabeldiefstal en vandalisme aan te spreek.

Elektrisiteit

Elektrisiteitsvoorsiening bly ‘n groot uitdaging vir die land.

Ramaphosa het bekend gemaak dat die kabinet die wysigings aan die Wet op Elektrisiteitsregulering (Wet no. 4 van 2006) goedgekeur het vir openbare kommenaar. Dit is om onder meer die selfopwekkingskragdrempel vir elektrisiteit sonder ‘n lisensie vanaf die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) te verhoog.

Verskeie herwinbare energieprojekte sal in die volgende twee jaar tot die elektrisiteitsnetwerk bygevoeg word, insluitend 3 500 MW van gas en battery projekte.

Eskom is ook besig om instandhouding op te skerp.

Landbou as werkskepper

Wat die land se hoë werkloosheidskoers betref, het Ramaphosa weer eens die landbousektor uitgewys as ‘n sektor wat beduidende potensiaal het vir werkskepping in bedrywe soos sitrus, tafeldruiwe en rosyntjies, subtropiese vrugte, avokado’s, bessies en neute.

Die hennep- en daggasektor het ook volgens die president die potensiaal om meer as 130 000 nuwe werksgeleenthede te skep.

Regulatoriese prosesse is in die proses om meer vaartbelyn gemaak te word sodat hierdie sektore kan floreer soos in byvoorbeeld Lesotho. Die beleid-en reguleringsraamwerk vir industriële hennep en dagga verbouing sal voorts hersien word juis met die oog op hul groot potensiaal vir beleggings en werkskepping.

Waterverbruikerslisensie

Rakende die verwerking van aansoeke vir watergebruiklisensies het die president aangedui dat die teiken om agterstallige aansoeke af te handel op 80% gestel is teen Junie die jaar, en dat alle aansoeke binne 90 dae oor die volgende finansiële jaar verwerk moet word.

Wetgewing word ook ontwikkel vir die daarstel van ‘n infrastruktuuragentskap vir waterhulpbronne. Dit sal binne ‘n maand vir openbare kommentaar gepubliseer word.

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon