Archives

Woede oor ‘Kill the boer’ by EFF-saamtrek

Featured Ad


Maroela Media – https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/woede-oor-kill-the-boer-by-eff-saamtrek/

 

Julius Malema het talle mense opnuut die josie in nadat hy en duisende van sy ondersteuners Saterdag die lied “Kill the Boer” tydens die EFF se verjaardagvieringe by die FNB-stadion in Johannesburg gesing het.

 

Hoewel die gelykheidshof besluit het om nie die lied tot haatspraak te verklaar nie, glo Christo van der Rheede, uittredende uitvoerende direkteur van Agri SA, Malema het hierdie keer te ver gegaan.

 

“Wat wil jy bereik deur aan te hou om hierdie hoogs onsensitiewe, verdelende, haatlike en veragtelike woorde te sing?” wou Van der Rheede Maandag weet.

 

“Al wat jy bereik, is om emosies op te sweep en ons burgery te polariseer.

 

“Jy is verkeerd as jy dink jy sal die saak van ekonomiese vryheid deur slagspreuke en dreunsang bevorder. Jy sal in plaas daarvan die teenoorgestelde bereik – wat meer armoede, ellende en honger is.”

 

Lees volle berig  op Maroela Media – https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/woede-oor-kill-the-boer-by-eff-saamtrek/

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon