Archives

Agoa gee SA sitrusbedryf broodnodige markvoordeel

Featured Ad


Maroela Media – Agoa gee SA sitrusbedryf broodnodige markvoordeel | Maroela Media

 

Suid-Afrikaanse sitruskwekers kry ‘n reusehupstoot danksy die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (bekend as die Agoa- ooreenkoms) – en dit gee aan hulle ‘n mededingende voordeel in die winsgewende Amerikaanse mark.

 

Justin Chadwick, hoof van die Sitruskwekersvereniging, sê Suid- Afrikaanse sitrus word wêreldwyd danksy die gehalte daarvan hoog aangeskryf, en die VSA is geen uitsondering nie.

 

“Ons het oor die afgelope paar jaar al hoe meer van ons sitrus na hierdie mark uitgevoer en die Amerikaners is gretig om ons lemoene, mandaryne en pomelo’s te koop. Uitvoere na die VSA het byna verdubbel van 60 000 ton in 2020 tot 112 594 ton verlede jaar en gesorg vir R1,6 miljard in uitvoerinkomste en die ondersteuning van duisende werksgeleenthede,” sê Chadwick.

 

Maroela Media – Agoa gee SA sitrusbedryf broodnodige markvoordeel | Maroela Media

 

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon