Die instelling wat verantwoordelik is vir die ‘opstel van beurtkragprotokolle maak in sy jongste voorstelle aan die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) voorsiening vir die moontlikheid van beurtkrag tot op fase 16.
Weens Suid-Afrika se ganse opwekkingskapasiteit, wat nagenoeg 32 000 MW is, kan beurtkrag net tot op fase 16 strek.
Dieinstelling van dié fase – hoewel hoogs onwaarskynlik – sal beteken dat Suid-Afrikaners vir die grootste deel van die dag, die hele dag of selfs langer as n 24-uur-siklus sonder kragsal sit.
Die National Rationalised Specifications (NRS) Association of South Africa sal eersdaags die nuwe voorstelle vir beurtkragfases aan Nersa voorlé vir finale goedkeuring en wetgewing daaroor.