Archives

Wêreld is SA boere se speelveld

Featured Ad


Maroela Media – Wêreld is SA boere se speelveld

 

Hoewel die Suid-Afrikaanse ekonomie knyp, is daar steeds meer as genoeg geleenthede plaaslik, verder op in Afrika en wêreldwyd vir boere om suksesvol te wees. Dit is die mening van prof. Johan Willemse, ‘n landbou-ekonoom en konsultant, wat vroeër vandeesweek tydens TLU SA se jaarkongres as spreker opgetree het.

 

Hy het gewys op die ironie dat die regering met sy sosialistiese beleid nie sy rol kan vervul nie, wat beteken dat die land vir alle praktiese doeleindes besig om te privatiseer.

 

“Die speelveld is nie maklik nie en gaan ook nie oor die volgende drie jaar makliker word nie, maar as boere die reëls van die spel verstaan, gaan hulle die vrugte daarvan pluk. Landbou lyk ook positief en is een van die min sektore wat groei.”

 

Volgens Willemse is die grootste risiko waarmee Suid- Afrikaners tans gekonfronteer word,
staatsineenstorting. “Die aankondiging die naweek dat die staat nie meer geld het nie, voorspel boonop niks goeds nie en kan in ‘n doodspiraal eindig. Geld vloei die land uit en die ekonomie verswak. Soveel as 42% van Suid-Afrikaners is werkloos en 62% van jong mense tussen 15 en 24 sit sonder werk. Vandag gaan R350 miljard van die regering se geld na 28 miljoen mense en die helfte daarvan word aan kos bestee.”

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Wêreld is SA boere se speelveld

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon