Archives

Krisis op eierplase, voëlgriep-entstof broodnodig

Featured Ad


 

Maroela Media – Krisis op eierplase, voëlgriep-entstof broodnodig

 

Eierplase verloor lêhenne teen ‘n skrikwekkende tempo en volgens ‘n eienaar in Gauteng waarmee Maroela Media gepraat het, is die kans groot dat eierpryse binnekort gaan verdubbel. Dit is alles te wyte aan voëlgriep wat die bedryf lamlê.


Dié eienaar wou weens die sensitiwiteit van die saak en die politiek daar rondom anoniem bly, maar hy is raadop en sê die probleem kon verhoed gewees het as hulle betyds kon inent.


“Ons sit met ernstige probleme. Ek het al meer as die helfte van my henne verloor en het nog net een plaas wat nie onder kwarantyn geplaas is nie, waarvan ek eiers kan verkoop, asook van kontrakboere,” sê hy. “Maar hoe lank voor almal getref word?”


Hy het meer as ‘n dosyn eierplase en broeiplase wat dagoudlêhenkuikens voorsien in Gauteng opgenoem, wat in die nabye toekom nie meer sal kan lewer nie. “In die laaste maand is ‘n sesde van die land se lêhoenders van kant gemaak. Plase gaan toemaak en drastiese personeelvermindering op pad.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Krisis op eierplase, voëlgriep-entstof broodnodig

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon