Archives

Beurtkrag: Kommer oor veiligheid dra by tot vlak 6

Featured Ad


Landbou.com – Beurtkrag: Kommer oor veiligheid dra by tot vlak 6

Suid-Afrika is vandeesweek terug op vlak 6-beurtkrag nadatveiligheidskwessies by van Eskom se aanlegte die afgelope paar dae opgeduik het.


Kommer oor die veiligheid van sekere aanlegte en personeel, asook Eskom se vasbeslotenheid om by sy instandhoudingsbeleid te bly, het daartoe bygedra dat vlak 6-beurtkrag tot verdere kennisgewing sal geld.


“Ons wil vlak 6 tot elke prys vermy, maar die veiligheid van ons personeel en aanlegte is belangrik en ons sal nie kompromieë daarmee aangaan nie,” het Bheki Nxumalo, hoof van opwekking by Eskom, Dinsdag gesê op ‘n buitengewone mediakonferensie wat spesifiek oor die nuutste instelling van vlak 6-beurtkrag gegaan het.

 

Volgens hom het voorvalle by Medupi, Kriel en Letabo die afgelope paar dae Eskom genoodsaak om sekere eenhede se opwekkingskapasiteit in te perk. By Medupi het ‘n ketting byvoorbeeld in een van die oonde gebreek en by Letabo is ‘n lekkasie by een van die veiligheidskleppe opgespoor. Hierdie en ander veiligheidsvoorvalle het daartoe bygedra dat die eenhede van die kragnetwerk gehaal moes word en sodoende is druk op Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor (EAF) geplaas.


Hy het ook benadruk Eskom gaan voortgaan met sy instandhoudingsbeleid. Beplande instandhouding is weer opgeskerp nadat Eskom vroeër besluit het om beplande instandhouding gedurende die wintermaande af te skaal. Dié benadering is egter nou laat vaar vir een waar instandhoudingswerk weer met mening uitgevoer gaan word.


Lees die volle berig op Landbou.com – Beurtkrag: Kommer oor veiligheid dra by tot vlak 6

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon