Archives

Jan Oberholzer gaan nou private krag help opwek

Featured Ad


Maroela Media – Jan Oberholzer gaan nou private krag help opwek

 

Jan Oberholzer, wat jare lank die ligte by Eskom help aanhou het, gaan nou help om die land van private krag te voorsien.

Ná 30 jaar by die kragvoorsiener het Eskom se voormalige bedryfshoof ‘n posisie op tuisbodem by ‘n onafhanklike kragprodusent aanvaar waar hy sy kundigheid oor die energiesektor verder gaan inspan.

 

Oberholzer is as ‘n nie-uitvoerende direkteur envoorsitter van Mulilo Energy Holdings se direksie aangestel. Hy beklee sedert 1 September hierdie pos.

 

“Dit het lank terug vir my duidelik geword wat my doel hier op aarde is en dit is om ‘n positiewe verskil te maak,” het Oberholzer aan Maroela Media gesê.

 

Hy glo sy bydrae by Mulilo, ‘n eg Suid-Afrikaanse maatskappy wat tot onlangs sonder enige internasionale hulp in die energiesektor moes meeding, gaan hom help om hierdie doel te verwesenlik.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Jan Oberholzer gaan nou private krag help opwek

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon