Archives

Vrektes aangemeld ná varkpes-uitbreking by George

Featured Ad



Maroela Media – Vrektes aangemeld ná varkpes-uitbreking by George

 

Minstens 45 varkvrektes is reeds in die George- omgewing in die Wes-Kaap aangemeld ná ‘n nuwe uitbreking van Afrika-varkpes in die distrik. Die uitbreking is verlede week onder kleinboere aan die buitewyke van Groeneweidepark aangemeld.

Dit is die vierde uitbreking van varkpes in die Tuinroetegebied sedert 2022. Vantevore is uitbrekings ook in KwaNonqaba en Mosselbaai aangemeld. Albei is opgelos. ‘n Uitbreking in Thembalethu in 2022 bly egter steeds ‘n bron van kommer, sê die Wes-Kaapse departement van landbou.

Sowat 250 varke is steeds in die geraakte gebied.

“Die gebied is onder kwarantyn geplaas en inwoners word gevra om geen varke of varkprodukte uit die gebied te neem nie om die verdere verspreiding van die siekte te verhoed.”


Lees die volle berig op Maroela Media – Vrektes aangemeld ná varkpes-uitbreking by George

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon