Archives

Boere vra oor begroting: Waar is onsondersteuning?

Featured Ad



Maroela Media – Boere vra oor begroting: Waar is onsondersteuning?


“‘n Land kan homself nie uit skuld uit leen nie, hy moet homself daaruit presteer – en die 2024-begrotingsrede skep vir Suid-Afrika ‘n dooie ekonomie. Ons staatskuld het met ons weggehardloop en dit kan nie meer onderhou word nie”. Só sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die landbouorganisasie TLU SA.

Hy meen inwoners van Suid-Afrika is vuisvoos oor die regering se wanaanwending van fondse en korrupsie.

“Jaar na jaar word daar van Jan Alleman verwag om al hoe meer te betaal sonder dat hul enigsins daarby baat.
“Die begroting moet as niks minder as net ‘n instrument van die regerende party gesien word nie. Die begrotingsrede is veronderstel om ‘n uiteensetting te wees van hoe ons belastinggeld tot ons voordeel aangewend word. Dit is egter hoegenaamd nie die geval vir die landbousektor nie.”


Luidens die begrotingsrede is R6 miljard oor mediumtermyn toegeken om boere deur grondherverdeling en verblyfreghervormingprogramme te ondersteun. ‘n Verdere R27,7 miljard is toegeken aan landbou en landelike ontwikkeling.

“Ons vraag aan die regerende party is dus: Wat word gedoen met ons geld, en waar is die ondersteuning aan ons kommersiële boere?” vra Van Zyl.


Lees die volle berig op Maroela Media – Boere vra oor begroting: Waar is onsondersteuning?

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon