Archives

Strooier bring omwenteling in presisieboerdery

Featured Ad


Die werktuig is ontwikkel deur die vindingryke span by Albertinia Ingenieurswerke. (Foto: Verskaf)

Maroela Media – Strooier bring omwenteling in presisieboerdery

Die Al 270M-misstrooier beskik oor ongeëwenaarde kenmerke wat ontwerp is om produktiwiteit en akkuraatheid op landerye en in die veld te optimaliseer. Dit volgens Albertinia Ingenieurswerke, wat sê dié nuwe baanbrekerswerktuig is ontwerp om doeltreffendheid en presisie in misverspreiding te herdefinieer.

Die werktuig wat ontwikkel is deur die vindingryke span by Albertinia Ingenieurswerke, gesetel op Albertinia naby Mosselbaai in die Wes-Kaap, beloof om veral in gebiede met uitdagende terrein boere se hande te sterk.

Met ‘n vragvermoë wat tot 27 kubieke meter mis per vrag kan versprei, kan boere nou kosbare tyd en brandstof bespaar. Die Al 270M se uitsonderlike strooiwydte van tot 20 m maak dit ‘n puik werktuig vir presisieboerdery, sê die maatskappy. Dit verseker eweredige misverspreiding selfs op uiterste hellings.

‘n Belangrike kenmerk van die Al 270M is die gebruik van laaiselle vir verbeterde presisie en kalibrering. Hierdie laaiselle pas die digtheid van die inhoud dinamies tydens werking aan, wat noukeurige toediening van mis verseker. Die onderneming sê anders as sy mededingers, dryf die Al 270M se hoë-wringkrag-hidrouliese motor ‘n unieke enkelkettingstelsel (en dubbele draaiers) aan. Dit skakel die behoefte aan ‘n ratkas uit, sodat klippe wat in die stelsel beland nie skade aanrig nie.

Maroela Media – Strooier bring omwenteling in presisieboerdery

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon