Archives

Verwagting vir lemoenuitvoereafwaarts aangepas

Featured Ad



Maroela Media – Verwagting vir lemoenuitvoere afwaarts aangepas


Die Sitruskwekersvereniging (SKV) het sy vooruitskatting vir lemoenuitvoere vandeesweek ná ‘n vergadering met die lemoenfokusgroep met 14,5% afwaarts aangepas.


Aan die begin van die seisoen is verwag dat 25,6 miljoen 15 kg- kartonne nawellemoene uitgevoer sou word. Dit is nou tot ‘n verwagte 22 miljoen 15 kg-kartonne verminder.


Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die SKV, sê die nuwe vooruitskatting verteenwoordig ook ‘n afname van 11% vanaf verlede jaar, toe Suid-Afrika in die geheel 24,8 miljoen kartonne nawellemoene uitgevoer het.

Die aanpassing word op verskeie faktore gegrond.

“Plaaslike sitrussappryse is tans hoog en baie produsente trek voordeel hieruit. Vrugtegroottes is ook ietwat kleiner weens die warm en droë weer wat oor groot dele van die land ervaar word. Dit beteken daar word meer individuele vrugte verpak in ‘n karton van 15 kg in vergelyking met verlede jaar.

“Kwaai wind het ook vrugte van bome in die Wes-Kaap gewaai en haelskade is in sekere dele van die Senwes-streek (Groblersdal en Marble Hall) ondervind,” sê Chadwick.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Verwagting vir lemoenuitvoere afwaarts aangepas

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon