Archives

Onstuimige tyd wag op landbou in SA

Featured Ad


Landbou.com – Onstuimige tyd wag op landbou in SA


‘n Onsekere en onstuimige tydperk wag op die landbou in Suid-Afrika, maar die sektor het nog altyd sy veerkragtigheid bewys om probleme te oorbrug.


Die kernboodskap van verskeie sprekers op die kunsmisvereniging van Suid-Afrika (Fertasa) se kongres by Muldersdrift was dat daar moeilike tye vir die landbou voorlê, maar dat daar groot vertroue in die sektor is om dit te kan baasraak.


“Daar is baie veranderinge en verwikkelinge, maar die belangrikste is om vrede te maak met die dinge waaroor jy geen beheer het nie en jou energie en passie te gebruik om dít te verander waaroor jy wel beheer het,” was die raad van dr. Tobias Doyer, uitvoerende hoof van Graan SA.


“Boere, veral in Suid-Afrika, het nie ‘n keuse nie. Hulle moet op die voorpunt van tegnologie wees om mededingend te bly. Daar is geen veiligheidsnette, handelsversperrings en subsidies om hulle te beskerm nie. Hulle moet internasionale mededinging in die oë staar en baie vinnig nuwe tegnologie aanvaar en benut.”


Hy sê boere moet terugslae kan oorleef. Daar kan goeie seisoene wees waar die balansstate goed lyk, maar die groot probleem kom as daar agtereenvolgende slegte seisoene is en boerderye en besighede nie groot genoeg is om die skokke te kan oorkom nie.

 

Lees die volle berig op Landbou.com – Onstuimige tyd wag op landbou in SA

 

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon