Archives

Verhoed rampe op landbou-toerusting

Featured Ad


Maroela Media – https://maroelamedia.co.za/landbou/landbouproduksie/verhoed-rampe-op-landbou-toerusting/

 

Natuurrampe bring ‘n magdom risiko’s mee en Suid-Afrikaanse boere word tans deur een van die ergstes geteister. Maroela Media het onlangs berig dat ‘n geskatte 30 000 ha reeds in die Vrystaat afgebrand het.

 

Soul Abraham, kleinhandelshoof by Old Mutual Insure, meen die swakinstandhouding van landboutoerusting kan ‘n groot bydrae tot brandskade en selfs veldbrande lewer. “Die waarde van jou landboutoerusting strek verder as die fisieke gebruik daarvan,” sê hy. “Dit is ‘n belegging wat jou boerdery vorentoe dryf, maar wanneer jy die instandhouding daarvan verwaarloos, kan dit tot aansienlike terugslae lei, wat nie net jou oes raak nie, maar ook die breër landboulandskap en op die ou end ook die ekonomiese stabiliteit van die sektor.”

 

Abraham verduidelik dat die aansteek van ‘n vuur drie noodsaaklike komponente vereis: hitte, suurstof en brandstof. “Binne-in ‘n selfaangedrewe stroper se enjin kom hierdie elemente byeen, wat dit ‘n brandpunt maak. Die meeste stroperbrande begin in die enjin en strek vinnig na ander dele van die masjien. Tesame met die kenmerkende winderige en lae humiditeitstoestande van Suid-Afrika se winterklimaat word droë kaf ideale ontbrandingsmateriaal, wat ‘n potensiële kruitvat skep.”

 

Lees die volle berig op Maroela Media – https://maroelamedia.co.za/landbou/landbouproduksie/verhoed-rampe-op-landbou-toerusting/

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon