Archives

Die Noordwes-varkstudiegroep dien sy doel

Featured Ad


Agri Orbit – Die Noordwes-varkstudiegroep dien sy doel – AgriOrbit

 

Die Noordwes-varkstudiegroep, is een van die min oorblywende groepe van sy soort in Suid-Afrika en gaan steeds van krag tot krag. Dié studiegroep vier vanjaar sy 46ste bestaansjaar en beur al deur dekades moedig voort om produsente toe te rus met nuwe, akkurate, en toepaslike bedryfsverwante inligting.

 

’n Waardevolle samekoms
Lede van dié studiegroep, kenners en ander belanghebbendes in die varkbedryf, was onlangs in Potchefstroom byeen vir ’n inligtingsdag waarop nuwe komiteelede ook aangewys is. Erkenning is tydens die geleentheid aan een van die bedryf se voorste kundiges en staatmakers, dr Pieter Grimbeek, gegee wat die tuig na tien jaar as voorsitter van die studiegroep neergelê het.

 

Fred Bechaz, ’n voedingskundige by Agri FARMACY SA, neem die leisels by hom oor, terwyl Charlie Fourie, ’n produsent van GTG Fourie Piggeries in Potchefstroom, as die nuwe ondervoorsitter aangewys is. Fourie is in die plek van CP Kriek van die Taaibosch-varkboerdery naby Fochville in Gauteng verkies. Deon Kleynhans en sy vrou, Corné, behou hul posisies as onderskeidelik finansiële bestuurder en administratiewe- en bemarkingsbeampte.

 

Lees die volle berig op Agri Orbit – Die Noordwes-varkstudiegroep dien sy doel – AgriOrbit

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon