Archives

Foto’s: Duisende hektaar in Vrystaatse brande
verwoes

Featured Ad


Maroela Media – Foto’s: Duisende hektaar in Vrystaatse brande verwoes | Maroela Media

 

‘n Geskatte 30 000 ha grond en weiding is vernietig toe wegholveldbrande die afgelope naweek in die Soutpan- en Brandfort-distrik in die Vrystaat gewoed het.

 

Vier groot veldbrande het Vrydag in die Dealesville-, Soutpan- en Brandfort-distrik uitgebreek en groot skade aan veld, infrastruktuur en eiendom aangerig. Talle veevrektes is ook aangemeld.

 

Die provinsiale brandbestuursentrum het Vrydag omstreeks 20:00 die veldbrandbestuur-noodspan geaktiveer, wat bestaan uit ‘n voorvalbestuurspan, vyf Working on Fire-spanne en altesame 130 Wildland- brandbestryders.

 

Volgens Johann Savage Breytenbach, bevelvoerder van die oorhoofse brandbeskermingsvereniging (FSUFPA), is die brande teen Saterdagmiddag in bedwang gebring.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Foto’s: Duisende hektaar in Vrystaatse brande verwoes | Maroela Media

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon