Archives

China wil help met SA se krag

Featured Ad


Landbou.com – China wil help met SA se krag | Landbou

 

 

China is bereid om sy kennis, vaardighede en geld aan Suid-Afrika beskikbaar te stel om die sukkelende energiesektor uit sy wankelende toestand te help. Handelsverhoudinge tussen die twee lande gaan ook uitbrei, onder meer groter marktoegang vir wyn, minerale en vrugte.

 

China, op die oomblik Suid-Afrika se grootste internasionale handelsvennoot, het R167 miljoen aan Suid-Afrika bewillig om toerusting vir noodsaaklike kragopwekking te bekom. ‘n Toelae van ongeveer R500 miljoen is ook deur die Chinese regering bewillig om Suid-Afrika te help om verligting te help bring met die voortslepende kragkrisis. Dis nog nie duidelik hoe en wanneer hierdie geld na Suid-Afrika sal begin vloei nie.

 

Die 15de Brics-beraad het vandeesweek in Johannesburg begin. Buiten vir pres. Wladimir Poetin van Rusland, woon die staatshoofde van die lidlande – pres. Luiz Inacio Lula da Silva van Brasilië, pres. Xi Jinping van China, Narendra Modi, eerste minister van Indië, en pres. Cyril Ramaphosa – die beraad in persoon by. Sergei Lawrof, Rusland se minister van buitelandse sake, verteenwoordig sy land op die beraad.

 

Xi het Dinsdag aangekondig sy land is verbind om Suid-Afrika te help om sy kragnetwerk op te gradeer. ‘n Ooreenkoms daarvoor is reeds Woensdag op die kantlyn van die Brics-beraad onderteken met agt Chinese instellings.

 

China wil Suid-Afrika help om die gebruiksduur van sy steenkoolkragsentrales te verleng, hoewel op ‘n meer volhoubare en omgewingsvriendelike manier. Eskom se verspreidings- en transmissienetwerk gaan ook heel moontlik hulp en kundigheid vanaf China ontvang. China wil ook help om Koeberg-kernkragsentrale op te gradeer.

 

 

Lees die volle berig op Landbou.com – China wil help met SA se krag | Landbou

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon