Archives

Kenner waarsku: Loop lig vir antibiotika-gebruik by vee

Featured Ad


Maroela Media – https://maroelamedia.co.za/landbou/landbouproduksie/kenner-waarsku-loop-lig-vir-antibiotika-gebruik-by-vee/

 

Die Suid-Afrikaanse beesbedryf worstel tans met profilaktiese antibiotikagebruik, oftewel die gebruik van antibiotika om siektes te voorkom, pleks daarvan om siektes daarmee te behandel. Thapelo Kgosi Ramokala, dieregesondheidspesialis by die Beefmaster-groep, sê dit maak nie net die deur oop vir moontlike misbruik nie, maar vergroot ook die risiko van antibiotika-weerstandigheid.


Hy sê die verantwoordelike gebruik van antibiotika is van kritieke belang om kuddegesondheid te handhaaf, maar die gevare rondom onverantwoordelike antibiotikagebruik moet te berde gebring word. Hy beklemtoon hoe belangrik ingeligte besluitneming rondom die kwessie is, asook opvoeding en samewerking binne die bedryf.


“Daar is verskeie ernstige toestande onder vee wat nie antibiotika vir behandeling benodig nie, maar steeds behandel moet word,” sê Ramokala. “Antibiotika moet slegs gereserveer word vir gevalle waar daar ‘n sekondêre bakteriële infeksie is.

 

“‘n Geteikende benadering is van kardinale belang. As ‘n dier siek word, word daar aanbeveel om ‘n antibiotika vir ‘n bepaalde toestand toe te dien en as daar geen verbetering is nie, moet die behandelingsplan hersien word. Die gebruik van breëspektrum-antibiotika sonder ‘n duidelike diagnose kan die kudde benadeel en antibiotiese weerstandigheid bevorder.”

 

Lees die volle berig op Maroela Media – https://maroelamedia.co.za/landbou/landbouproduksie/kenner-waarsku-loop-lig-vir-antibiotika-gebruik-by-vee/

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon