Archives

Van kosafval tot dierevoer: Só ploeg Shoprite terug

Featured Ad



Maroela Media – Van kosafval tot dierevoer: Só ploeg Shoprite terug


Shoprite, Afrika se grootste kleinhandelsupermark, voer al vir die afgelope ses maande daagliks sowat 3000 stuks vee deur 1 000 ton se kosafval in veevoer om te skakel.

Sanjeev Raghubir, hoof van volhoubaarheid by Shoprite, sê die projek vorm deel van die maatskappy se verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid en die bevordering van die sirkel-ekonomie.

“Ons het besluit om voedselprodukte wat van Shoprite en Checkers teruggestuur word en nie meer vir menslike gebruik geskik is nie, te hergebruik en sodoende te voorkom dat organiese afval op stortingsterreine beland.

“Gedroogde goedere soos rys, pasta, mielieprodukte, graanprodukte, meel, skyfies, peuselhappies en sade vul nou mieliegruis, ‘n neweproduk van mieliemeel, in Shoprite se veevoerformule aan. Dit het gelei tot die handhawing van veevoer van ‘n hoë gehalte,” sê Raghubir.

Hy sê Shoprite pas ‘n hiërargiese benadering toe om voedselvermorsing, wat beduidende omgewing-, maatskaplike en ekonomiese gevolge het, te verminder.

Lees die volle berig op Maroela Media – Van kosafval tot dierevoer: Só ploeg Shoprite terug

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon