Archives

Wêreld se ‘belangrikste bate’ is produserende boere – TLU SA

Featured Ad



Maroela Media –Wêreld se ‘belangrikste bate’ is produserende boere – TLU SA


Rye op rye trekkers en ander plaaswerktuie het die afgelope ruk talle paaie in Duitse stede versper met duisende boere in dié land wat hul stem dik maak oor beplande besnoeiings aan landbousubsidies.

TLU SA sê hierdie is niks nuuts nie en oor die laaste paar jaar het boere in Wes-Europa met toenemende vurigheid teen beleide gestry wat volgens hulle doeltreffende boerderypraktyke aan bande lê.

“TLU SA erken die standpunt wat reg oor die wêreld ingeneem word ter ondersteuning van voedselproduserende boere. Elke land het sy eie uitdagings wat baie boere verhinder om volhoubaar te boer,” sê die organisasie.

“In Suid-Afrika ondervind ons ‘n tekort aan elektrisiteit, onderbenutte hawens en verwaarloosde paaie wat dit vir boere moeilik maak om produkte aan verbruikers te lewer. ‘n Ekonomie wat kwyn as gevolg van die regerende party se wanbestuur, maak volhoubare boerdery amper onmoontlik.”

Lees die volle berig op Maroela Media – Wêreld se ‘belangrikste bate’ is produserende boere – TLU SA

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon