Tensy die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling nie vinnig ingryp nie, kan die tekort aan entstowwe vir vee die land se winkelrakke leeg laat.
Die voortslepende tekorte en produksieprobleme beteken ook dat entstowwe ten duurste elders aangekoop moet word, wat die land nog verder gaan lamlê.
James Faber, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO), het vroeër gesê kommersiële en opkomende produsente ly ernstige verliese weens uitbrekings van bloutong wat tot 50% vrektes onder kuddes veroorsaak.
In Junie moet perdeboere ook hul perde teen Afrika-perdesiekte begin inent, maar die DA sê hy het reeds klagtes ontvang dat boere nie die broodnodige entstof kan bekom nie.