Archives

Cosatu-uitsprake oor ‘misdadige’ boere kewtsend (maar nie haatspraak)

Featured Ad


Maroela Media – Cosatu-uitsprake oor ‘misdadige’ boere kwetsend (maar nie haatspraak) | Maroela Media

 

Die landbouorganisasie TLU SA het die Menseregtekommissie (MRK) se bevinding dat ‘n stelling deur Cosatu – dat sommige boere moordenaars en verkragters is – bloot kwetsend is en nie op haatspraak neerkom nie, verwerp.

 

TLU SA het vroeër ‘ʼn klagte van haatspraak by die MRK ingedien nadat Cosatu in sy verklaring oor Menseregtedag gesê het “nêrens is menseregte meer in die gevaar as op plase landwyd nie, waar werkers die minste regte geniet en die meeste uitgebuit en misbruik word”.

 

Die vakverbond se verklaring het voorts gelui: “Genadelose werkgewers steel armoedelone, skop huurders summier uit hul huise, terwyl hulle hul werkers soms aanrand, verkrag en selfs vermoor.”

 

Die landbouorganisasie sê die kommissie het bevind dat die uitlatings bloot gevoelens seermaak en nie neerkom op ‘n menseregteskending nie.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Cosatu-uitsprake oor ‘misdadige’ boere kwetsend (maar nie haatspraak) | Maroela Media

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon