Archives

Staat nie ernstig oor grondhervorming – kenners

Featured Ad


Maroela Media – Staat nie ernstig oor grondhervorming – kenners

 

Die besettingsdrama wat hom onlangs op die Mpumalanga-boer Paul Grey se plaas naby Morgenzon afgespeel het, het weer die vraag laat ontstaan of die regering se poging om grondhervorming in te stel, werklik suksesvol is.

 

Maroela Media het vroeër berig Grey se plaas is beset ná ‘n gronddispuut tussen hom en die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

 

Kenners glo dié voorval het ‘n moontlik vrugbare vennootskap tussen die boer en regering versuur en eindelik ‘n projek waar plaaswerkers en jong opkomende swart boere bemagtig sou word, in die wiele gery.

 

Volgens Robert Davel, uitvoerende bestuurder van Mpumalanga Landbou, is die voorval die gevolg van die departement se gebrekkige inwerkingstelling van beleid, onbeholpe administrasie en beweerde

ongerymdhede deur amptenare.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Staat nie ernstig oor grondhervorming – kenners

 
Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon