Archives

SA begin met dispuut teen EU oor swartvlek

Featured Ad


Maroela Media – SA begin met dispuut teen EU oor swartvlek


Suid-Afrika het met ‘n dispuut teen die Europese Unie (EU) begin oor “onbillike❞ handelsregulasies en wetgewing wat op die plaaslike sitrusbedryf afgedwing word, veral met betrekking tot die vlakke van swartvlek op sitrus.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en die departement van handel, nywerheid en mededinging sê samesprekings met die EU in dieWêreldhandelsorganisasie (WHO) is reeds aangevra.

Dié stap het ten doel om ‘n blywende oplossing vir die swartvlekregulasies te vind ten einde tienduisende betrekkings in die plaaslike sitrusbedryf te beskerm. Dit word ook deur die Suid- Afrikaanse Sitruswerkersvereniging (CGA) ondersteun.


Maroela Media het vroeër berig dat die EU se streng vereistes onder meer behels dat kouebehandelingsregulasies afgedwing word weens die vlakke van swartvlek en vals kodlingmot op sitrus.

Swartvlek is volgens kenners in die sitrusbedryf bloot net ‘n kosmetiese kwessie wat boonop slegs ‘n klein persentasie sitrus raak wat uitgevoer word.


Lees die volle berig op Maroela Media – SA begin met dispuut teen EU oor swartvlek

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon