Archives

Nóg ondersoekers om veediefstal in Vrystaat te bekamp

Featured Ad


Maroela Media – Nóg ondersoekers om veediefstal in Vrystaat te bekamp

 

Vrystaat Landbou (VL), in samewerking met die private sekuriteitsmaatskappy Landelike Gemeenskapsveiligheid (LGV), het nog 16 Psira-geregistreerde privaatondersoekers opgelei om in die provinsie se stryd teen veediefstal te help.

Dit bring die totale aantal ondersoekers op 21 te staan.

Volgens Peet Swanepoel, provinsiale koördineerder van die Psira-privaatondersoekers, volg die opleiding op versoeke van verskeie Vrystaatse-boerderygemeenskappe waar veediefstal
hoogty vier.

“Die inisiatief het aanvanklik in Julie verlede jaar in die Fezile Dabe-distrik afgeskop.
“VL het self R1 miljoen befonds, omdat veediefstal in die Vrystaat onaanvaarbare vlakke bereik het,” sê Swanepoel.

Hy sê ‘n tekort aan mannekrag, voertuie en toerusting by die polisie se veediefstaleenhede wek groot kommer.

“Dit het duidelik geword dat ‘n gemeenskapsinisiatief nodig is om te help om die kommerwekkende veediefstalkwessie te pak.”

Volgens Swanepoel het ‘n aantal suksesse in samewerking met die polisie se landelike veiligheidskoördineerders en veediefstaleenhede in sekere hoëmisdaadgebiede reeds bewys dat die inisiatief uitgebrei moet word.

“Die boerderygemeenskap van Steynsrus, Bultfontein, Jacobsdal, Marquard, Reddersburg en Bloemfontein het verskeie mense geïdentifiseer om as private ondersoekers opgelei te word om dié soort misdaad doeltreffend te pak.

“Die gemeenskappe neem ook self verantwoordelikheid vir alle operasionele onkoste aangaande die ondersoekers,” sê Swanepoel.

Lees die volle berig op Maroela Media – Nóg ondersoekers om veediefstal in Vrystaat te bekamp

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon