Archives

Groot melkverspreider in sakeredding geplaas

Featured Ad


Maroela Media – Groot melkverspreider in sakeredding geplaas

Desmanda Milk, ‘n groot melkverspreider wat in Heidelberg in Gauteng geleë is, is in sakeredding geplaas.


Dit nadat die maatskappy glo versuim het om vir meer as 11 miljoen liter melk te betaal wat dit in Februarie en Maart by boere in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap gekoop het.


Volgens Fanie Ferreira, uitvoerende hoof van die Melkprodusent- organisasie (MPO), worstel nagenoeg 20 melkboere van die onderskeie provinsies die afgelope twee maande om kop bo water te hou nadat dié groot melkverspreider glo versuim het om vir die miljoene liters melk te betaal wat aan hulle verskaf is.


“Desmanda Milk het langtermynooreenkomste met hierdie melkboere aangegaan om melk namens hulle aan verskeie bekende verwerkers te versprei. Die onderneming is egter nou miljoene rand aan die betrokke melkboere verskuldig.”


Hy sê MPO se hoofprioriteit is om die winsgewendheid, volhoubaarheid en mededingendheid van die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf te verbeter om die sektor in staat te stel om suksesvol te funksioneer.


“Ons is ongeveer ses weke gelede van die kommerwekkende situasie ingelig. Talle melkboere is tans in die knyp weens die ernstige finansiële uitwerking wat dit op hul boerderye het.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Groot melkverspreider in sakeredding geplaas

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon