Archives

Ramptoestand in dorre Zimbabwe afgekondig

Featured Ad


Maroela Media – Ramptoestand in dorre Zimbabwe afgekondig

 


Die voortslepende droogte in Zimbabwe is Woensdag tot ‘n nasionale ramptoestand verklaar.

Pres. Emmerson Mnangagwa sê die land het $2 miljard se hulp nodig om hongersnood in die land te pak.

“Geen Zimbabwiër moet weens honger moed opgee of omkom nie,” het Mnangagwa vroeër vandag op ‘n mediakonferensie gesê.

Volgens Mnangagwa sal meer as 2,7 miljoen mense vanjaar nie genoeg kos op hul tafel hê nie nadat die droogte sowat die helfte van die land se mielie-oes vernietig het.

“Dit is daarom dat ek hiermee ‘n landwye ramptoestand afkondig,” het Mnangagwa aangekondig.

Die maatreël maak voorsiening vir meer hulpbronne om die krisis te hanteer.


Lees die volle berig op Maroela Media – Ramptoestand in dorre Zimbabwe afgekondig

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon