Archives

Landboubegroting ‘bring hoop’

Featured Ad


Maroela Media – Landboubegroting ‘bring hoop’

 

Agri Wes-Kaap is bemoedig deur die provinsiale departement van landbou se 2024/2025 toewysingsbegroting, soos wat Dinsdag deur minister Ivan Meyer ter tafel gelê is.

Die begroting van R1,018 miljard, wat R57,8 miljoen oftewel 6% meer is as die vorige begroting, word deur die organisasie verwelkom.

“Gegewe die uitdagende fiskale klimaat en menige uitdaging wat deur die landboubedryf in die gesig gestaar word, is die toewysing van fondse ‘n moeilike taak. Agri Wes-Kaap is van mening dat minister Meyer die toewysing van beskikbare fondse goed geprioritiseer het om die heersende uitdagings in ons bedryf te takel”, sê Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap.

Strydom voer verder aan dat die begroting belyn is met minister Meyer se vyf ministeriële prioriteite. “Agri Wes-Kaap glo dat die begroting Meyer in staat sal stel om die duidelike en meetbare doelwitte wat hy as sy prioriteite gestel het, te behaal.”

Meyer se eerste prioriteit, naamlik landbouonderrig, opleiding en navorsing maak aanstaande boekjaar voorsiening vir R48,2 miljoen.

 


Lees die volle berig op Maroela Media – Landboubegroting ‘bring hoop’

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon