Archives

Aardverwarming kan kospryse, inflasie laat styg – studie

Featured Ad


Maroela Media – Aardverwarming kan kospryse, inflasie laat styg – studie

 

Aardverwarming en hittegolwe kan voedselpryse en algehele inflasie in die toekoms wêreldwyd laat toeneem, het wetenskaplikes by die Europese Sentrale Bank in nuwe navorsing bevind.

Die uitwerking gaan wissel, maar dit sal oral – veral in ontwikkelende lande -gevoel word, lui die studie wat Donderdag in die joernaal Communications Earth and Environment gepubliseer is.

Uiterste weersomstandighede, waaronder hittegolwe, droogtes en oorstromings, kom toenemend gereeld voor namate die klimaat warmer word. Dit eis ‘n tol op sleutelsektore in die ekonomie, waaronder boerdery en voedselproduksie.

Vir die nuwe studie het navorsers van die Potsdam-instituut vir klimaatsimpaknavorsing (PIK) en die Europese Sentrale Bank gekyk na historiese prys- en weerdata uit 121 lande tussen 1996 en 2021.

Hulle het bevind dat stygende temperature weens klimaatsverandering na verwagting die koste van voedsel wêreldwyd elke jaar tot 2035 met tussen 1,49 en 1,79 persentasiepunte gaan opjaag.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Aardverwarming kan kospryse, inflasie laat styg – studie

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon