Archives

DA wil rampondersteuning vir Vrystaat-landbou verseker

Featured Ad


Maroela Media – DA wil rampondersteuning vir Vrystaat-landbou verseker

 

Die DA pleit vir rampondersteuning vir die landboubedryf in die Vrystaat, gegewe die erge hittegolf en droogte wat die bedryf in dié provinsie getref het. Daar is boonop ‘n dreigende gevaar van nog ‘n brandseisoen wat moontlik ‘n herhaling kan beteken van die verwoesting in 2023 as behoorlike voorsorg nie getref word nie.

“Die DA glo dat die regering moet ingryp en ons landboubedryf moet ondersteun,” sê Roy Jankielsohn, die DA se premierskandidaat in die Vrystaat. “Dié bedryf verseker ons voedselsekerheid en lewer ‘n beduidende bydrae tot ons provinsiale BBP en indiensnemingskoers.”

Jankielsohn sê dit is kommerwekkend dat die departement van landbou en landelike ontwikkeling in sy aangepaste begroting ‘n bedrag van R44 miljoen weggeskuif het van rampbestuur, iets wat tans dringend benodig word.

“In die lig hiervan het die DA vrae aan Moses Ketso Makume, die LUR van die departement van menslike nedersettings, samewerkende regering en tradisionele sake gestuur. Ons wil die gereedheid van die departement bepaal om veldbrande en ander rampe te hanteer en bepaal of die
departement enige fondse beskikbaar gemaak het om boere by te staan in die geval van veldbrande en ander rampe.”

Die DA het ook bystand versoek van Makume en die LUR van die departement van landbou vir die landboubedryf.


Lees die volle berig op Maroela Media – DA wil rampondersteuning vir Vrystaat-landbou verseker

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon