Archives

Namibië eerste Afrika-land sonder malbeessiekte

Featured Ad



Landbou.com – Namibië eerste Afrika-land sonder malbeessiekte

 

 

Namibië is deur die wêreldorganisasie vir dieregesondheid (WOAH, voorheen bekend as die OIE) as die eerste land in Afrika met ‘n onbeduidende risiko vir malbeessiekte erken.

Dié stap kom nadat Namibië ‘n uiters streng program vir die voorkoming van malbeessiekte (BSE) ingestel het deur ‘n algehele verbod op die voer van enige proteïen afkomstig van herkouers aan ander herkouers in te stel.

Die Namibiese Landbou-unie (NLU) sê in sy weeklikse nuusbrief dit gee Namibië wêreldwyd toegang tot hoëwaardemarkte, soos die Europese Unie (EU), wat gelykwaardige maatreëls ingestel het om openbare en dieregesondheid te beskerm.

Benewens die verbod op die insluiting van herkouerproteïen in herkouervoer verbied Namibië reeds jare lank die gebruik van hoendermis in veevoere. Dit word deur middel van die Farm Assured Namibian Meat Scheme (FAN Meat) afgedwing, wat deur die lewendehawe-en-lewendehaweprodukteraad van Namibië geadministreer word. Afdeling 8.2 van die standaard bepaal dat geen voer met bestanddele afkomstig van herkouers gevoer mag word nie. Dit sluit karkas-, bloed- en beenmeel, enige ander beenproduk (soos hoewe en horings), vleismeel, vleis en hoendermis in.

 


Lees die volle berig op Landbou.com – Namibië eerste Afrika-land sonder malbeessiekte

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon