Archives

Dis mos (goedkoper) mielies

Featured Ad



Maroela Media – Dis mos (goedkoper) mielies


Vir enige land is selfvoorsiening van bekostigbare hoë kwaliteit voedsel vir voortbestaan van kardinale belang. Vir Suid-Afrika is die mieliebedryf die hoekpilaar vir die volhoubare voorsiening van hierdie voedsel aan die bevolking. Dus rus voedselsekerheid gevolglik vierkantig op die skouers van die mielie!

In dié verband moet ‘n mens in gedagte hou dat die mielie regstreeks verantwoordelik is vir die energiebehoefte van die mens en onregstreeks die proteïenbehoefte deur middel van die veebedryf. Daarbenewens word die nodige vitamiene deur groente en vrugte gelewer.

Gesien teen die agtergrond van ‘n grootskaalse gesprek deur verskeie persone wêreldwyd oor probleme met voedselvoorsiening aan agt miljard mense, die miljoene wat reeds honger ly (veral in Afrika), verdere verswarende omstandighede met oorlog in Midde-Ooste, die Suezkanaal wat blokkeer word, is dit absoluut gebiedend noodsaaklik dat Suid-Afrika’n finansieel gesonde mieliebedryf moet hê – wat grootliks finansieel onafhanklik moet kan produseer.

 

lees die volle berig op Maroela Media – Dis mos (goedkoper) mielies

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon