Archives

Perde veilig maar beeste, skape nié

Featured Ad


Maroela Media –Perde veilig maar beeste, skape nié | Maroela Media

 

Hoewel perde-eienaars nou kan asemhaal nadat entstof teen Afrika-perdesiekte weer beskikbaar gestel is, staar ‘n krisis steeds ander veeboere in die gesig.

 

Suid-Afrika se landbousektor ondervind steeds ‘n tekort aan diere-entstowwe vir siektes soos slenkdalkoors en bloutong. Verskeie organisasies en politieke partye soek al geruime tyd oplossings vir die entstofkrisis.

 

“Druk wat gewone Suid-Afrikaners op die regering oor die kwessie geplaas het, het gehelp dat ons ‘n klein stryd in die groter oorlog gewen het,” sê Gideon Joubert, ‘n direkteur by die

organisasie DearSA.

 

Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het in Mei aangedui dat hy die entstof kan vervaardig en lewer aan maatskappye vir herverkoop aan perde-eienaars – net betyds vir die inentingstydperk in Junie.

 

Volgens Joubert het die skaarsheid van die entstowwe ‘n uiters negatiewe uitwerking – nie net op die welstand van diere en die verspreiding van siektes nie, maar ook op die land se voedselketting en voedselsekerheid.

 

Lees die volle berig op Maroela Media –Perde veilig maar beeste, skape nié | Maroela Media

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon