Archives

Nuwe wet moet landbougrond beter beskerm

Featured Ad


Landbou.com – Nuwe wet moet landbougrond beter beskerm


Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het Donderdag die Wetsontwerp op die Bewaring en Ontwikkeling van Landbougrond (PDAL) goedgekeur en nou word nog net gewag dat pres. Cyril Ramaphosa dit onderteken.


Dié wetsontwerp is in Februarie 2021 by die parlement ingedien om die tekortkominge in die verouderde Wet op die Onderverdeling van Landbougrond (Wet 70 van 1970) oftewel Sala aan te vul.


Die belangrikste oogmerk van Sala is om die onderverdeling van landbougrond in klein, onekonomiese gedeeltes te verbied en landbougrond met ‘n hoë opbrengs te beskerm.


Een tekortkoming van die Sala-wet is dat dit slegs van toepassing op landbougrond in private besit is. Dit kon dus nie waardevolle landbougrond in staatsbesit teen fragmentering beskerm nie. Nóg landbougrond wat nie beskerming geniet nie, is grond wat aan statutêre liggame behoort, gemeenskapsgrond en grond wat deur tradisionele owerhede soos stamhoofde beheer word nie.


Afgesien daarvan dat die PDAL-wet nou alle
landbougrond in die land onder die beskerming van die Sala-wet sal bring, moet dit ook volgens die verklaring deur die parlement se nuusdiens die behoefte vir die gebruik van landbougrond vir landbou-doeleindes “in harmonie bring met die gebruik van grond wat nie vir landbou-doeleindes deel van plaaslike owerhede se ruimtelike ontwikkelingsplanne vorm nie.”

 

Lees die volle berig op Landbou.com – Nuwe wet moet landbougrond beter beskerm

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon