Archives

Bek-en-klouseer op Oos- Kaapse plaas aangemeld

Featured Ad


Maroela Media – Bek-en-klouseer op Oos- Kaapse plaas aangemeld

 


Verskeie bevestigde gevalle van bek-en-klouseer is op ‘n plaas naby Humansdorp in die Oos-Kaap aangemeld – die eerste keer in dié provinsie.


Cebisa Mnqeta, hoofstaatsveearts in die Oos-Kaap, sê die nasionale veeartsenykundige staatslaboratorium het reeds ‘n week gelede bevestig dat dié veesiekte onder ‘n melkkudde buite Humansdorp teenwoordig is.


Mnqeta sê die boer het aanvanklik sowat 70 diere aangemeld wat kliniese tekens van bek-en-klouseer getoon het. Die plaas teken sedertdien gemiddeld tien nuwe gevalle per dag aan.


Die betrokke plaas én aangrensende buurplase is sedertdien onder kwarantyn geplaas terwyl daar gewag word op die resultate van monsters wat op dié plase geneem en na die staatslaboratorium gestuur is.


Mnqeta sê die eerste bondel monsters, wat vanaf drie plase in die omgewing, asook ‘n aangrensende gemeenskapsgebied geneem is, is Vrydag na die
staatslaboratorium versend om getoets te word. Al hierdie monsters het negatief getoets vir bek-en-klouseer.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Bek-en-klouseer op Oos- Kaapse plaas aangemeld

 

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon