Archives

Klimaatsverandering, leë beloftes: Tsjad se katoenboere steier

Featured Ad


Maroela Media -Klimaatsverandering, leë beloftes: Tsjad se katoenboere steier


Declador Rimleldeoudje stap deur die landery met duisende stronke wat hy hoop ‘n skitterende katoenoes gaan oplewer – maar hy weet ook alte goed die toekoms van Tsjad se sogenaamde wit goud is net so onvoorspelbaar soos die reën.
Vir dekades was katoen die lewensbloed van die suide van Tsjad. Maar die gesogte gewas se toekoms hang in die weegskaal.
By die ingang na die dorpie Kagtaou, sowat 60 km buite Moundou, die hoofstad van die suide, staan ‘n reusehouer tot barstens toe vol katoen.


Coton Tchad, ‘n semi-private maatskappy wat veronderstel is om die katoen te koop, het steeds nie dié belofte nagekom nie en produsente vrees die onvoorspelbare reën gaan die oes verwoes selfs nog voor dit verkoop is.
“Ons hou van katoen, maar dit word net te moeilik. Die klimaat is onbestendig en dit is ‘n werklike kommer. Dit raak die tonnemaat,” verduidelik Rimleldeoudje terwyl hy sy oë skreef teen die skroeiende son.
Die 24-jarige boer se winste het getuimel tot ‘n derde van wat dit in die vorige jaar was.

 

Lees die volle berig op Maroela Media-
Klimaatsverandering, leë beloftes: Tsjad se katoenboere steier

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon