Archives

Landbou-innovasie en gemeenskapsgees: ‘n Blik op die Upington-landbouskou

Featured Ad


 
 

Agri Orbit – Landbou-innovasie en gemeenskapsgees: ‘n Blik op die Upington-landbouskou

 

Die Upington-landbouskou het vanjaar weer ‘n skatkis van verrassings en landbou-aktiwiteite gebied. Besoekers kon deelneem aan ‘n verskeidenheid geleenthede, insluitend ‘n karkaskompetisie, interrasbeoordeling, en ‘n jeugskou.

 

Die skou het ‘n interrasbeoordeling aangebied, wat meer ‘n interaktiewe bespreking as ‘n formele beoordeling was. Chris Goosen, die beoordelaar, het beklemtoon dat dit ‘n geleentheid vir produsente was om kennis te deel en blootstelling vir hul vee te verkry. Vyftien beeste van vyf verskillende rasse – Droughtmaster, Brahman, Sussex, Boran en Afrikaner – het deelgeneem. Die wenners is na ‘n oggend van lewendige gesprekke aangewys: Theuns Engelbrecht se Droughtmaster-bul en Gideon Botha se Boran-vers het die juniortitels ingepalm, terwyl Gert Fourie se Sussex-bul en nog ‘n Droughtmaster van Engelbrecht die seniorkategorieë oorheers het.

 

Lees die volle berig op Agri Orbit – Landbou-innovasie en gemeenskapsgees: ‘n Blik op die Upington-landbouskou

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon