Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het Donderdag die Wetsontwerp op die Bewaring en Ontwikkeling van Landbougrond (PDAL) goedgekeur en nou word nog net gewag dat pres. Cyril Ramaphosa dit onderteken.
Dié wetsontwerp is in Februarie 2021 by die parlement ingedien om die tekortkominge in die verouderde Wet op die Onderverdeling van Landbougrond (Wet 70 van 1970) oftewel Sala aan te vul.
Die belangrikste oogmerk van Sala is om die onderverdeling van landbougrond in klein, onekonomiese gedeeltes te verbied en landbougrond met ‘n hoë opbrengs te beskerm.
Een tekortkoming van die Sala-wet is dat dit slegs van toepassing op landbougrond in private besit is. Dit kon dus nie waardevolle landbougrond in staatsbesit teen fragmentering beskerm nie. Nóg landbougrond wat nie beskerming geniet nie, is grond wat aan statutêre liggame behoort, gemeenskapsgrond en grond wat deur tradisionele owerhede soos stamhoofde beheer word nie.
Afgesien daarvan dat die PDAL-wet nou alle landbougrond in die land onder die beskerming van die Sala-wet sal bring, moet dit ook volgens die verklaring deur die parlement se nuusdiens die behoefte vir die gebruik van landbougrond vir landbou-doeleindes “in harmonie bring met die gebruik van grond wat nie vir landbou-doeleindes deel van plaaslike owerhede se ruimtelike ontwikkelingsplanne vorm nie.”
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent