Archives

Nuwe hoof vir Afma aangewys

Featured Ad


Maroela Media –  Nuwe hoof vir Afma aangewys | Maroela Media

 

Na ‘n effense terugslag verlede maand kon die Veevoervervaardigersvereniging

(Afma) uiteindelik ‘n uitvoerende direkteur aankondig. Liesl Breytenbach is aangewys om die Afma-span te lei nadat dr. Sifiso Ntombela verlede maand sy aanvaarding van dié pos teruggetrek het.

 

Ntombela het intussen by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling (DALRRD) aangesluit.

 

Afma se lede bestaan uit veevoer- en bestanddeelvervaardigers sowel as verskaffers van voerbestanddele en verteenwoordig 99% van braaikuikenvoerproduksie en 58% van algehele veevoerproduksie in Suid-Afrika.

 

Breytenbach het ‘n MSc in Landbou (monogastriese voeding) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en het in 2004 by die veevoerbedryf aangesluit as ‘n formuleerder by Meadow Feeds in Port Elizabeth. Sy het in 2009 na Pretoria verhuis waar sy by Afgri Animal Feeds as ‘n bedryfsvoedingkundige gewerk het.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Nuwe hoof vir Afma aangewys | Maroela Media

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon