Archives

Agri Wes-Kaap geloof vir bydrae in provinsie

Featured Ad


Agri Wes-Kaap het ‘n oorkonde van die Wes-Kaapse regering ontvang uit erkenning vir die opbouende rol wat die organisasie in die landbou speel. Dr. Ivan Meyer, minister van landbou in die Wes-Kaap (links) en dr. Mogale Sebopetsa, departementshoof van die Wes-Kaapse departement van landbou (regs), oorhandig die oorkonde aan Heinie du Toit, AWK visepresident (middel links) en Villier Loubser (middel regs) AWK president

landbou.com – Agri Wes-Kaap geloof vir bydrae in provinsie | Landbou


Die goeie samewerkende vennootskap tussen Agri Wes-Kaap (AWK) en die provinsie se departement van landbou is nie alle provinsies en georganiseerde landboustrukture beskore nie.

Die noodsaaklikheid van sinergie in die hele waardeketting van die landbousektor is Donderdag op AWK se kongres met die tema “Saam in sinergie” in Kaapstad bespreek. Die voordele van die goeie vennootskap tussen die georganiseerde landbou in die Wes-Kaap en die departement van landbou in die provinsie onder leiding van dr. Ivan Meyer is onder meer genoem.

Meyer het in sy toespraak voor die ongeveer 200 kongreslede die geleentheid gebruik om amptelik sy waardering aan AWK uit te lig en ook ‘n spesiale toekenning aan die organisasie oorhandig vir die opbouende rol wat die organisasie in die provinsie se landbousektor speel. Hy het sy dank uitgespreek vir die opbouende verhouding en noue samewerking wat hy en sy departement met AWK opgebou het tydens sy termyn op verskeie vlakke soos landelike veiligheid en navorsing.

Lees die volle berig op landbou.com – Agri Wes-Kaap geloof vir bydrae in provinsie | Landbou

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon