Archives

Minimum loon:Ekonomiese werklikheid ‘waai by agterdeur uit’

Featured Ad


Maroela Media – Minimum loon: Ekonomiese werklikheid ‘waai by agterdeur uit’

 

Die opwaartse aanpassing van 8,5% in die nasionale minimum loon, soos dit Vrydag in die Staatskoerant bekend gemaak is, is hopeloos uit voeling met die ekonomiese werklikheid wat sakeondernemings in die gesig staar, sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL).

Maroela Media het vroeër berig die nasionale minimum loon styg vanaf 1 Maart tot R27,58 per uur. Die vorige minimum loon was R25,42 per uur.

Volgens Wilken is die styging aanduidend van die regering se algehele gebrek aan begrip oor die ekonomiese toestande in die land.

“Boerdery is geskoei op gesonde sakepraktyke wat insluit finansiële oorwegings oor die beskikbaarheid van genoeg middele om werknemers te vergoed.

“Hierdie drastiese aanpassing van die nasionale minimum loon is nie net uit voeling met die ekonomiese werklikheid nie, maar gaan ook ‘n wesenlike las op die sektor plaas.”

Die landbousektor beskik oor die vermoë om werk te skep, “iets wat die land in hierdie stadium werklik broodnodig het”, sê Wilken.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Minimum loon:Ekonomiese werklikheid ‘waai by agterdeur uit’

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon