Archives

Kragkrisis in Karoo: ‘Boere se arms by skouers afgekap’

Featured Ad


Maroela Media – Kragkrisis in Karoo: ‘Boere se arms by skouers afgekap’

Magteloos.
Dit is hoe menige Karoo-boer tans voel nadat die kragtoevoer hul plase verlede Saterdag afgesny is en waarskynlik eers laat volgende week weer herstel sal word.

Volgende week is egter te laat.

Hul diere kort dringend water terwyl mielie- en lusernoeste binne die volgende twee dae tot niet sal gaan indien dit nie besproei word nie.

Verskeie gebiede in die Sentraal-Karoo is sonder krag gelaat nadat storms die Laingsburg/Touwsrivier-gebied se 132 KV- kraglyne beskadig en ‘n enorme netwerkprobleem veroorsaak het.

‘n Wydverspreide kragonderbreking het gevolg nadat sewe kragmaste omgeval het.

Eskom sê die maatskappy sal nou meer as 2,4 km lange kraglyne moet herbou om kragtoevoer na onder meer Prins Albert,
Laingsburg, Touwsrivier, Leeu-Gamka, Fraserburg, Swartberg, Merweville, Matjiesfontein en dies meer te herstel. Die beoogde hersteldatum is 15 Februarie.

“Dit voel of jou arms by die skouers afgekap is,” het ‘n kleinveeboer naby Prins Albert Vrydag gesê. Hy het op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gepraat.

Lees die volle berig op Maroela Media – Kragkrisis in Karoo: ‘Boere se arms by skouers afgekap’

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon