Archives

FABASA (FAMILIEONDERNEMING-ASSOSIASIE VAN SUID-AFRIKA)

Featured Ad


NUWE BOEK: NALATENSKAP

André Diederichs se boek, NALATENSKAP, is sopas deur NALEDI gepubliseer. Die boek is gebaseer op sy uitgebreide ervaring van die soet en suur wat in familieondernemings afspeel en sal familieboerderye hulself kan vereenselwig met die stories wat in die boek afspeel.

DIE BOEK KOS SLEGS R260 EN AFLEWERING IS GRATIS. Dit is verseker waardevolle leesstof vir enige persoon wat betrokke is in ‘n familiebesigheid of omgee vir die voortbestaan van so besigheid. Die boek kan direk by NALEDI bestel word by: https://naledi.co.za/product/nalatenskap/

Die skrywer is ’n hoofkarakter in die boek. Hy het al meer as 400 familieondernemings in Suid-Afrika, en elders in die wêreld, gekonsulteer. Die verhaal in die boek is gebaseer op sy uitgebreide ervaring van die soet en suur wat in familieondernemings afspeel.

Die populariteit van die boek is duidelik aan lesers se kommentaar. Byoorbeeld Willie Nel van Moolmanshoek in die Oos-Vrystaat wat skryf: André, ja ek is klaar met jou boek – wat ʼn ervaring? So baie geluk daarmee en weet ek dat dit vir báie tot Seën gaan wees! André, die hoogtepunt of uitstaande punt vir my jou ontsettende LIEFDE vir CHRISTUS wat so blatant eerlik en strategies deurgegee word. Hoe jy dit inspan in die verhale om telkens die oplossing te wees vir die intriges is uiters waardevol en verheerlik Sy grote Naam pragtig! Dis voorwaar meesterlik gedoen – g’n wonder al my trane nie, OF Jan Boshoff van Boshoff Bonsmaras by Leandra wat skryf: Ja, as mens eers begin lees aan die boek dan kan jy nie ophou nie. Die boek dra ʼn les, asook ’n boodskap en dan leef jy jou ook in die omgewing en omstandighede so in asof jy daar teenwoordig is. Ja wat moet ek sê? Dankie vir die lesse wat ek daar in lees en raak sien.

Die boek sluit werklike en fiktiewe karakters in. Daar is werklike karakters na wie hy net verwys en dan is daar ook werklike karakters wat ’n prominente rol in die verhaal speel: byvoorbeeld, Fanie van der Merwe van Boplaas 1743, die oudste familieonderneming in Suid-Afrika, die Duitse Thiele-familie in Lüneburg, sy broer Leon Diederichs en hulle familieonderneming, en Willie Nel van Moolmanshoek in die Oos-Vrystaat.

Die verhaal is egter oorwegend fiktief, met baie drama en intriges. Die twee hoofstories is:

Willem van der Merwe, wat in Ficksburg boer, het ’n reuse-uitval met sy enigste seun Wilhelmus gehad en het vir meer as twintig jaar geen kontak met sy seun nie. Wilhelmus en sy Skotse vrou, Allison, het na Skotland verhuis waar hy saam met sy skoonpa, Craig Mackenzie boer. Daar is intussen ook twee kleinkinders gebore waarvan Willem en sy vrou Lenie nie eens weet nie. Willem is baie siek aan kanker en sy seun moet in Skotland opgespoor word om die familie te versoen. Die verhaal neem die leser deur al die intriges om die familie te versoen en ook op ’n uitgebreide besoek aan Skotland.

Dries Beukes boer in Middelburg, Mpumalanga. Hy is ’n konserwatiewe persoon wat op die kerkraad dien. Dries en Lisa is gelukkig getroud en het ’n hegte band met hul twee seuns, Driesman en Dawid. Jare gelede het Dries met ’n studentetoer die Oktoberfees in Duitsland bygewoon. Tydens die toer het hy, onder Bacchus se invloed, met ’n Duitse meisie, Marichen, oor die tou getrap. As Christen het die voorval sy gewete erg gepla. Hy het sommer die volgende dag na Suid-Afrika teruggevlieg om die onbesonne daad uit sy gedagtes te probeer verban. Vyf en twintig jaar later stap sy dogter Brigitte, waarvan hy nie geweet het nie, sy kantoor in Middelburg binne. Daar volg dan baie drama. Die leser word ook op ’n uitgebreide toer oor Kerstyd na München in Duitsland geneem. Lees gerus verder aan die storie!

Vir verdere detail sien die video op YouTube https://youtu.be/l_Fcv9hDgmg OF luister na die radio-onderhoud wat Kaapse Kanselnmet hom voer het. https://iono.fm/e/1264794

 

 

 

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon