Archives

Entstofproduksie: Groter betrokkenheid van private sektor op pad

Featured Ad


Landbou.com – Entstofproduksie: Groter betrokkenheid van private sektor op pad | Landbou

 

Leiers van die nasionale dieregesondheidsforum en die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het luidens ’n verklaring ooreengekom oor belangrike maatreëls om die nasionale tekort aan noodsaaklike en strategiese vee-entstowwe aan te pak.

 

Mnr. Dipepeneneng Serage, waarnemende adjunkdirekteur-generaal van die departement, dr. Mpho Maja, direkteur van dieregesondheid, mnr. Gerhard Schutte, voorsitter van die forum, en me. Marzanne Roets, nasionale koördineerder van die forum, was aanwesig.

 

Luidens ’n verklaring stem hulle saam dat hierdie tekort reeds daartoe gelei het dat die immuniteit van Suid-Afrika se kuddes en troppe in gedrang is. Onmiddellike optrede is nodig om hierdie situasie om te keer.

 

Hulle het ooreengekom dat die private sektor se samewerking en betrokkenheid noodsaaklik is, dat wetlike vereistes hersien moet word om die betrokkenheid van die private sektor te bevorder en dat die departement dringend met Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) moet vergader.

 

Schutte het aan Landbou.com gesê hulle is bemoedig deur die departement se erkenning dat daar probleme is, die onderneming dat met OBP gepraat sal word en binne twee weke terugvoer op ’n volgende vergadering verskaf sal word. Hy sê die drie entstowwe wat beslis nie die afgelope tyd beskikbaar was nie, was vir bloutong, perdesiekte en slenkdalkoors.

 

Hy sê dit help nie OBP sê daar is entstof beskikbaar, maar as daar skielik ’n groot hoeveelheid dosisse nodig is, kan OBP dit nie beskikbaar stel nie. “By OBP gaan dit soos by Eskom: Hy kan nie produseer wanneer die vraag daar is nie.”

 

Hy sê die forum se standpunt is dat die private sektor ‘n groter rol moet speel in die vervaardiging van entstowwe en daar is ’n onderneming om te kyk na die nodige wetgewing oor hoe in die toekoms onder lisensie geproduseer kan word.

 

Landbou.com het reeds gereeld berig oor Suid-Afrika se jare lange inkonsekwente produksie en onvoldoende beskikbaarheid van noodsaaklike vee-entstowwe, veral van dié wat deur OBP vervaardig word.

 

Hierdie situasie het gelei tot toenemende versoeke van vee-eienaars, hul verteenwoordigende organisasies en die private dieregesondheidsproduktesektor aan die regering om wetgewing en regulasies daar te stel om toe te laat dat geskikte privatesektor-ondernemings van hierdie entstowwe begin vervaardig en bemark.

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon