Archives

Eksklusiewe lusernkultivars vir top-kwaliteit ruvoer

Featured Ad


Die WL-reeks lusernkultivars word eksklusief deur Limagrain Zaad SA bemark.

Limagrain Zaad SA

Hierdie kultivars kan danksy streng seleksie tydens die telingsproses as HQ-kultivars geklassifiseer word. HQ-kwaliteitstandaarde vereis relatiewe hoë proteïen- en lae ADF- en NDF-vlakke, wat uiteindelik top kwaliteit ruvoer beteken.

Twee WL-kultivars wat wel aan HQ-kwaliteitstandaarde voldoen is plaaslik beskikbaar:

WL 458 HQ: Dié nuwe dormansie 7 kultivar se ouerlyne is uit ou proefpersele geselekteer vir langslewendheid, groeikragtigheid en blaarsiekte-weerstand. WL 458 HQ is uiters geskik vir hooiproduksie onder besproeiing/aanvullende besproeiing in areas met korter groeiseisoene, waar 5-8 snitte per seisoen verwag word. WL 458 HQ is net so weidruk- en droogteverdraagsaam soos sy voorganger, WL 414, en kan onder droëland toestande en in wei-stelsels aangeplant word. WL 458 HQ is hoogs weerstandig teen die dodelikste swamme waarvoor lusern vatbaar is: Fusarium-verwelking, Phytophthora-wortelvrot, Verticillium-verwelking en Antraknose. Dis ook hoogs weerstandig teen Stam-aalwurm en bied weerstand teen Bakteriese-verwelking en die vernaamste lusernluise.

WL 525 HQ: Hierdie ou bekende dormansie 8-kultivar se ouerlyne het oor besonderse langslewendheid beskik. WL 525 HQ is uiters geskik vir hooiproduksie onder besproeiing in areas met redelike lang groeiseisoene, waar 7-9 snitte per seisoen verwag word. Dit sal onder dieselfde bestuurstoestande ‘n langer produskieleeftyd as meeste dormansie 9 en 10 kultivars hê. WL 525 HQ is hoogs weerstandig teen die vernaamste lusernluise. Dit bied hoë weerstand teen Fusarium-verwelking en Phytophthora-wortelvrot en is weerstandig teen Knopwortel-aalwurm.

Besoek gerus https://www.lgseeds.co.za/ vir meer inligting.

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon