Die WL-reeks lusernkultivars word eksklusief deur Limagrain Zaad SA bemark.
Limagrain Zaad SA
Hierdie kultivars kan danksy streng seleksie tydens die telingsproses as HQ-kultivars geklassifiseer word. HQ-kwaliteitstandaarde vereis relatiewe hoë proteïen- en lae ADF- en NDF-vlakke, wat uiteindelik top kwaliteit ruvoer beteken.
Twee WL-kultivars wat wel aan HQ-kwaliteitstandaarde voldoen is plaaslik beskikbaar:
WL 458 HQ: Dié nuwe dormansie 7 kultivar se ouerlyne is uit ou proefpersele geselekteer vir langslewendheid, groeikragtigheid en blaarsiekte-weerstand. WL 458 HQ is uiters geskik vir hooiproduksie onder besproeiing/aanvullende besproeiing in areas met korter groeiseisoene, waar 5-8 snitte per seisoen verwag word. WL 458 HQ is net so weidruk- en droogteverdraagsaam soos sy voorganger, WL 414, en kan onder droëland toestande en in wei-stelsels aangeplant word. WL 458 HQ is hoogs weerstandig teen die dodelikste swamme waarvoor lusern vatbaar is: Fusarium-verwelking, Phytophthora-wortelvrot, Verticillium-verwelking en Antraknose. Dis ook hoogs weerstandig teen Stam-aalwurm en bied weerstand teen Bakteriese-verwelking en die vernaamste lusernluise.
WL 525 HQ: Hierdie ou bekende dormansie 8-kultivar se ouerlyne het oor besonderse langslewendheid beskik. WL 525 HQ is uiters geskik vir hooiproduksie onder besproeiing in areas met redelike lang groeiseisoene, waar 7-9 snitte per seisoen verwag word. Dit sal onder dieselfde bestuurstoestande ‘n langer produskieleeftyd as meeste dormansie 9 en 10 kultivars hê. WL 525 HQ is hoogs weerstandig teen die vernaamste lusernluise. Dit bied hoë weerstand teen Fusarium-verwelking en Phytophthora-wortelvrot en is weerstandig teen Knopwortel-aalwurm.
Besoek gerus https://www.lgseeds.co.za/ vir meer inligting.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.