Archives

Boere moet mooi dink oor wildpryse

Featured Ad


Maroela Media – Boere moet mooi dink oor wildpryse

 

Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) hou vandag sy 18de algemene jaarvergadering in Pretoria en volgens Charl du Toit, finansiële direkteur van WRSA, moet wildboere onthou om nie fokus te verloor te midde van al die gevegte waarin hulle gewikkel is nie.

 

“Die wildbedryf word uit verskeie oorde aangeval en ons raak so besig om met die regering en die groenes te baklei, dat ons vergeet van die storie wat ons het om te vertel wat almal nog nie van weet nie. Dit gaan egter belangriker word om vir ons bedryf te veg.”

 

Hy sê wildboere is deel van ‘n multi-miljard rand bedryf, “so ons is nie veronderstel om te sukkel nie. Ons het ‘n baie waardevolle en eiesoortige produk en as ons opbou om dit te bestuur, gaan dit uitsterf. Daar was tye waar ons produk onbekostigbaar was en ander tye wat dit feitlik waardeloos was.”

 

Hy doen ‘n beroep op wildboere om mooi te dink wat hulle vir hul diere vra.

 

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Boere moet mooi dink oor wildpryse

 

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon