Archives

Sitrusboere kry hulp om insekte te beveg

Featured Ad


Maroela Media – Sitrusboere kry hulp om insekte te beveg

 

Die Wes-Kaapse departement van landbou het R2 miljoen bewillig om boere te help om skadelike insekte deur ‘n revolusionêre behandelingsprogram in die provinsie te bekamp.

 

Om Westerse uitvoerlande tevrede te stel bly een van vrugteboere se grootste uitdagings, want dié lande is baie gesteld op vrugte wat in alle opsigte feitlik volmaak is. Dit is dus uiters belangrik om uitvoervrugte teen peste en plae te beskerm.

 

Sitrusprodusente in die Wes-Kaap gebruik die steriele insektegniek (SIT) om valskodlingmot (VKM) te bestry. Die SIT-program word deur X-SIT uitgevoer, wat deel van die RBX-groep vorm en ‘n filiaal van die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (SKV) is.

 

Hannes de Waal, voorsitter van die SKV, het die ondersteuning van die provinsiale regering vir die program verwelkom. “Ons is opreg dankbaar teenoor die WKDL. Projekte soos hierdie is belangrik om sleutelmarkte soos Europa en die VSA toeganklik te hou, vir ‘n bedryf wat meer as 20 000 werkers in die provinsie in diens het. Dit dra weer tot landelike ontwikkeling en stabiliteit by, terwyl broodnodige buitelandse valuta verdien word.”

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Sitrusboere kry hulp om insekte te beveg

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon