Tydens die Upington-landbouskou is die jaarlikse karkaskompetisie by Desert Beef gehou. Jacobus Goussard het met die louere weggestap in die slagos-afdeling. Saam met hom op die foto is Gert Fourie van Desert Beef (links), Gert Human, eienaar van Desert Beef en Koras-abattoir, en Ria Ludick van Desert Beef. (Foto verskaf deur Gemsbok-koerant, Upington)
Die Upington-landbouskou het vanjaar weer ‘n skatkis van verrassings en landbou-aktiwiteite gebied. Besoekers kon deelneem aan ‘n verskeidenheid geleenthede, insluitend ‘n karkaskompetisie, interrasbeoordeling, en ‘n jeugskou.
Die skou het ‘n interrasbeoordeling aangebied, wat meer ‘n interaktiewe bespreking as ‘n formele beoordeling was. Chris Goosen, die beoordelaar, het beklemtoon dat dit ‘n geleentheid vir produsente was om kennis te deel en blootstelling vir hul vee te verkry. Vyftien beeste van vyf verskillende rasse – Droughtmaster, Brahman, Sussex, Boran en Afrikaner – het deelgeneem. Die wenners is na ‘n oggend van lewendige gesprekke aangewys: Theuns Engelbrecht se Droughtmaster-bul en Gideon Botha se Boran-vers het die juniortitels ingepalm, terwyl Gert Fourie se Sussex-bul en nog ‘n Droughtmaster van Engelbrecht die seniorkategorieë oorheers het.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent